Weergawe:
Aantal woorde: 181
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 06 Feb 2007
Soekend – na ‘n maat om my lewe mee te deel
Soekend – na warmte en liefde
Soekend – na omgee en algehele aanvaarding
Soekend – wie sal daar vir my wees?
Planne, drome wat tot stand moet kom
Ondersteuning en hulp, raad en gee om
Wie gaan my mis as ek nie meer daar is?
Wie sal my verstaan en aanvaar net soos ek is?
Alleen – pynlik en swaar dis gewis
Om deur die lewe te gaan met so ’n gemis
Al my drome, planne, potensiaal, gedagtes, idees
Is daar dan niemand om dit mee te deel?
Is daar dan niemand wat wil deel wees?
O Here, gee tog ’n maat
U weet van die pyn wat ek deurmaak
Ek hoop, bid en vertrou
Op U, wat net die beste vir my uithou
Help my en leer my Heer om op U te wag
En nie net te gryp en so my toekoms en geluk te verag
Ek weet U sal help, ek weet U gee om vir my gemis
En in die wete, vind ek my siele rus
Lees ander gedigte deur Kinnear Shirley
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig