Gedigte

Bladsye:
Titel: ALLEEN
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

te veel alleen
net ek en geen ander een

soveel tyd om te dink
soveel om te verlang
na net ‘n geluid
van ‘n ander een

die oggend is leeg
sonder ‘n arm om my lyf
net die voëls in die bome
en bitter gedagtes aan erge drome

hoe lank nog te wag
soek na wie weet wat
nog ‘n eindelose dag
voor ‘n bittere nag

soveel gewag
soveel gedagtes
soveel verlange
soveel gesmag

te veel alleen
net ek en geen ander een.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Alleen
selfs in alleenwees kan vreugde en vrede groei
9 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Pragwoorde wat die smagting van vele verwoord. Eensaamheid is 'n moeilike vyand.
10 jaar 3 maande 1 dag 12 ure oud


alleen
so baie mooi Daniel!! dankie
so kan ons soms tussen ander ook alleen wees?
my grootste vrees is alleenwees!
daarom seker my gediggie: Deernis

Jy het die gawe, gee ons meer gedigte!
10 jaar 3 maande 1 week 3 dae oud


Alleen
Ek stem nogal saam met jou, die alleenheid is te alleen. Soms draai ek nog om in die nag en soek iemand om vas te hou ... maar dan kom die dae weer wanneer jy dit waardeer. In die dag. Nooit in die nag.
My broer se naam is ook Daniel. Hy verstaan ook van alleen wees.
Groete.
12 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Alleen
Hou baie hiervan, volg jou werk graag
12 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Alleen
Hallo daar die Digter. Ek hou van jou gedigte, maar kan nie regtig kommentaar lewer nie, want ek weet niks vaan poesie af nie. Myne was op die ingewing van die oomblik geskryf by die werk to ek net so gevoel het. Miskien, as ek dit reg verstaan, is dit hoe m,mens dit moet doen. Net presies sê wat jy voel wanneer jy dit voel. Dankie vir jou kommnetaar. Daniel
13 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Daniel
Dit is nou n gedig waar ek mee kan relate! My omstandighede laat my ok so aleen, eks bly iemand kan dit so goed uitbeeld stunning! Absoluut Stunning!!

Groete Die Digter
VREDE...

Ps. Se my wat jy van my gedigte dink!
13 jaar 3 maande 4 weke 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Dagboek van die tuinvoëls

    deur http://www.woes.co.za/

    Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar