Gedigte

Titel: Alleen
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Elke keer wanneer stilte daal

en die hemelruim se sterre draal…

trap my verlange diep spore

in my hart en herroep

jou beeld uit ’n era so verlore,

onthou ‘k hoe’t jy my naam genoem.



Onthou ‘k jou hartklop teen my oor...

jou lippe op myne –

hoe’t ‘k my in jou arms verloor

en ek deel in die kleine...



die kleine heiligheid van behoort,

ons samesyn magies –

sorgloos in kind wees op jou skoot,

sonder nou en toe se tragies.



Nou kyk jou oë agter glas –

jou kus, koud sonder voel...

sonder emosie wat was,

sit ek alleen in my stoel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
as ek jou raad kan gee:
probeer om nie woorde af te kort nie.
andersins n heel leesbare werk.
8 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar