Gedigte

Titel: Alleen
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die moeilikste tyd, seerste tyd, alleen tyd
Die tyd wat jy besluit het om jou rug op my te draai
Om horende doof te wees
Om siende blind te wees

Lee klanke kom uit jou Mond
Woorde kwalik bedoel, woorde sonder gevoel
Klinkende metaal
Luidende simbaal

Ek huil waar jy nie hoor
Ek huil waar jy nie sien
Ek huil sonder woorde
Ek huil sonder gevoel

Alleen huil ek tot die trane opraak, tot dan... al een... alleen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Alleen
Dis tragies om te sien hoe baie mense gedigte met hierdie titel skryf. Is daar so baie mense wat alleen is of op daardie stadium voel. Ek is ook so...kan tussen mense wees, maar is tog alleen. Ek hou van jou gedig...dis pragtig
EXC@LIBUR
5 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


Alleen
En dit is glad nie lekker nie maar nogtans baie mooi verwoord.
6 jaar 9 maande 6 dae 7 ure oud


alleen
'n Gevoel wat ek so goed ken.
Uitstekend vertaal.
7 jaar 8 maande 4 weke 18 ure oud


Jy beskryf
dit so eenvoudig en helder!
7 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Sonder trane....
Seer-mooi geskryf.
Al een...alleen!
Sommer huil ek ook saam met jou.
7 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Alleen
Ja ek weet presies waarvan jy praat. Ek was ookal daar! Is jy okay daar waar jy is?
Mooi geskryf... juis op so 'n manier dat 'n mens die eensaamheid aanvoel sonder dat jy dit so spesifiek uitspel... Mooi loop!
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


Alleen
en as jy aanhou huil ek saam met jou :(
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


**
Dit kos baie om so diep en seer te dig, maar jy kry dit pervek reg
Baie mooi ververs

Groete D
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


Die frustrasie kan ek voel....
Eers trane van frustrasie,
dan trane van seer,
dan droeë trane
wat niemand kan keer.
Jy vat my saam op die hartseer bootjie....
Goed beskryf en gevers...
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


...
...'n seer alleen hierdie.... mooi!

groete
Ammie
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


al een... alleen
Daai droeë trane huil in eensaamheid is niks lekkers nie.
7 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar