Gedigte

Titel: Alleen
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My grootste vrees
Is om alleen te wees
So erg is my vrees vir my
Dat ek luister na musiek wanneer ek ry

Maar die vreemdste ding
As ek my deur mense omring
Dan voel ek die stemme oorweldig
En ek vlug terug na tegnologie

Ek hou van tussen mense wees
Maar huis geselskap doen niks vir my
En ek ondervind ek vind meer genot
As ek kyk hoe ander mekaar se geselskap geniet

Ek wil nie ‘n enkeling wees
Maar dis die weë van my gees

Ek sit en wag vir dapper avonturier
Om by my te sit, selfs vir net ‘n uur
Nuuskierigheid moet hom nie keer
Om meer van my te wil leer

Eintlik is ek ‘n kunstige kreatuur
Wat baie hou van die natuur
Ek hou van die wind tussen my hare
En sit graag met my tone tussen die blare

Miskien is liefde vir my te laat
En moet ek eerder met bome praat
Weer leer om die natuur te waardeer
Want liefkry maak te seer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Alleen
Tannie Koba, ja jy slaan hier die spyker op die kop! Baie mooi gedig en baie waarhede kwytgeraak. Daar is baie mense wat net soos jy daaroor voel!
3 jaar 10 maande 3 dae 3 ure oud


Alleen
In die natuur kan jy afsluit en in die stilte daarvan vind jy weer die bietjies van jouself wat langs die pad verlore geraak het. Ek verkies alleen...

Liefde maak bitter seer en as vertroue eers gebreek is, is dit moeilik om weer lief te hê.

Dalk ook net omdat daardie spesiale mens nog jou pad moet kruis en dit wat daar was net n lewensles was.
3 jaar 10 maande 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar