Titel: Alleennag
Weergawe: 3
Aantal woorde: 122
Kere gelees: 222
Datum gepubliseer: 21 Jan 2011
Noudat daar net leë lug is
waar jou woorde hoort,
jou arms weg is uit die oorde
die holtes wat aan hul behoort
eggo stomp en stom gedagtes
- verbeelde klanke -
teen die wande van die huis,
teen die wande van my lyf.
En sonder dat ek wou, praat ek
in jou woorde met myself,
en vanself maak my hande
of hul jy is
op die plekke
waar jy was.
Ek hou my asem op en luister
na die leë huis, die uile buite:
hul dra kennis van die wete
dat jy weg is uit my lewe ...
Ja, die uile weet, die huis weet, die nag weet.
Dis net ék wat moet besef jy's weg.
© I. le Roux
Jan & Apr 2011
Lees ander gedigte deur inlocosottovoce
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Martha Maria Jones
Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.