Titel: Almal dra maskers
Weergawe: 1
Aantal woorde: 179
Kere gelees: 273
Datum gepubliseer: 04 Feb 2012
Masker, masker in my kas
Hoekom klou ek aan jou vas
Wag ek vir ‘n beter dag
of dat iets gebeur wat nooit mag
Elke dag sit ek jou aan
Maak nie saak waarheen ek gaan
want sonder jou sal niemand my verstaan
Masker, masker ek moet jou dra
dan kan niemand sien wat my so pla
jy laat my lyk soos tien uit tien
want niemand kan die waarheid sien
hulle kan nie sien my pyn of seer
maar ek dra jou om hulle van dit te keer
Masker, masker steek my weg
want ek voel is nie reg
moet nooit die ware ek ontbloot
want dan mag hulle my dalk verstoot
agter jou word ek vermis
maar dit maak dat almal gelukkig is
jou taak so moeilik om te verrig
vir ewig dra ek jou as my gesig
Masker, masker agter jou glimlag
skuil ek dag tot dag
nooit nooit ooit haal ek jou af
al dra ek jou tot in my graf
Tog bly dit steeds my grootste wens
want agter jou is daar ‘n mens
Lees ander gedigte deur Bekende Vreemdeling
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Johann P. Boshoff
Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!