Titel: Alom teenwoordig.
Weergawe: 1
Aantal woorde: 76
Kere gelees: 32
Datum gepubliseer: 05 Nov 2010
Jy was my voetspore,
maar ek het nie daarop
terug-geloop nie.
Jy was my skaduwee,
maar ek het nie daarin
gaan rus nie
Jy was die koel lentebries
wat my omring het,
maar ek het gaan skuiling
soek teen die moontlike storm.
Jy was die soel oggendson
wat die ys in my laat smelt het,
maar ek het 'n ark gebou en
gewag vir die vloed.
Toe raak jy my gewete...
© Christo du Plessis 2010 - 11 - 05 / 06:47
Lees ander gedigte deur Zymrly
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Johan Botha
Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.