Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die speel van toneel
is ñ fyn kuns
( as jy ñ gehoor verveel
bewys jy jouself nie ñ guns )

as jy nie jou rol (ver)koop nie
net een gesigsuitdrukking het
jou stem draal op een toon
is jy nie die kuns
van toneelspeel werd nie .

Of jy nou siek is in die bed
saaklik is op die foon
net stil in die stort is
of voorgee dat jy dood is
maak nie regtig saak nie .

Wat wel saak maak is
dat jy dit met presies
die regte hoeveelheid oortuiging doen .

En al hoe jy dit kan regkry
is om net jou natuurlike self te wees .


( 29/12/2015 10h57
** Party mense is net ñ ‘natural’ .
Party nie .
Daar is die wat dink hulle kan .
Dan is daar die wat kàn .
ñ Craftsman ken sy craft .
Party mense beoefen ñ kuns .
Ander is die kuns . )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

altyd
'n Uitvieër maak geen inkfout reg, jy het dit of nie
5 jaar 2 weke 1 dag 14 ure oud


Kuns . . .
Jy is reg!

** Party mense is net ñ ‘natural’ .
Party nie .
Daar is die wat dink hulle kan .
Dan is daar die wat kàn .
ñ Craftsman ken sy craft .
Party mense beoefen ñ kuns .
Ander is die kuns . )

(Maar dikwels dink die oog/oor wat beoordeel, verskillend! Kunstenaars is maar uitgelewer . . . aan wie lees, hoor of kyk.)
5 jaar 3 weke 3 ure oud


ALTYD (2)
Klink heeltemal waar!:-)
5 jaar 3 weke 8 ure oud


2
Kyk, op 'n verhoog wil ek nie staan en toneelspeel nie. Dit voel altyd vir my ek sal net in een stemtoon praat en net een gesigsuitdrukking hê :-)Ek dink 'n mens moet maar altyd versigtig wees om te dink jy kan. Indien enigiets kop toe gaan kom jy gewoonlik baie hard terug aarde toe. Dis nou weer 'n gedig waaraan mens bietjie kan kou
5 jaar 3 weke 9 ure oud


spel
Wow! Ander IS die kuns!
ek dink jy is, die kuns
as ek opgewonde raak praat ek al hoe harder!
ag hoe smag ek om ook so kalm en besadig te kan wees (in alle omstandighede)
Nou die dag 'n regiseur hoor sê dat mens die werklikheid nooit rieël kan vasvang nie. Toneelspel is voorwaar 'n kuns!

Puik werk Rudi, soos in: "music of the night"
5 jaar 3 weke 18 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar