Titel: Altyd aan my sy
Weergawe: 1
Aantal woorde: 90
Kere gelees: 207
Datum gepubliseer: 06 Dec 2011
uit jou diepkyk oë
duik dolfyne omhoog
oor die brug van jou neus
gly ‘n walvis langs sy maat
teen die walle van jou mond
swem kleurvisse ‘n akwarium
rustige deining van jou bors
wieg die see aan die slaap
uit rondings van jou naeltjie
wals ‘n pikkewyn delikaat
by die delta van jou bene
bars branders oor rotse
in lengtegraad oor jou lyf
lê strande strooisuiker
jy is die stille oseaan
jy spoel sag deur my
jy is waaroor alles gaan
jy is altyd aan my sy
© WERNER WEHMEYER 2011
Lees ander gedigte deur Werner Wehmeyer
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.