Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voor jy jou wraak
op ń ander breek
moet jy eers jou hand
in eie boesem steek

Daar waar jy
hooghartig sien
hoe jou foute slaafs
voor trots bly kniel

Waar verskonings fierig
in geilgrond van eieliefde groei
en jy narcisties
op verrotte nyds-eiers broei

Waar eie ek en ego gierig
teen nederigheid baklei...
sal jyself die oorsprong
van jou noodlot kry.

As spyt jou laatnag
aan die keel kom gryp
en jy jou foute inkennig
in die oë moet kyk...

dalk net dan sal jy besef
dat die kiem van jou ongeluk
snoesig in die hartjie
van eie boesem rus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ja
Goed geskryf. Dalk so hier en daar spelglipse. Narsisties of narsisisties en fier groei, of vurig protesteer. Dit is egter kleinighede.
Goeie gedig!
3 jaar 9 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


*
Dit klink amper soos die engel stemmetjie wat mens vermaan wanneer jy twak aanvang!

Ek vrek hieroor! Kapoet - ja, nee daar val ek mors dood neer ;););)
Mens moet maar altyd eers die balk uit jou eie oog uit haal.
Welgedaan!
3 jaar 9 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


altyd die slagoffer, nooit die skurk
Hou hiervan - veral "As spyt jou laatnag
aan die keel kom gryp
en jy jou foute inkennig
in die oë moet kyk..."
Mooi gepen.
3 jaar 9 maande 2 weke 8 ure oud


altyd die slagoffer nooit die skurk
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
ware woorde.
3 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Skurk
Jou laaste vers se alles. Selferkenning van jou foute en ongeluk.
3 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


Skurk
wat homself slagoffer én regter maak . . .
3 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


Nooit
Dankie vir hierdie gedig dit laat 'n mens hard dink.
3 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Vyf vingers
Ek het 'n wysvinger waarmee ek op JOU dui.
Met vier vingers wys ek terug op MYSELF.
Dit duur lank voor ek dit besef.
Dit het jy vir my baie mooi en duidelik daargestel.
Dankie, hoor.
GvT
3 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar