Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mense eens so vaardig
en briljant
is nou aan die lewe
se verkeerde kant
oë wat jou vraend
en verward aankyk
verstand eens skerp
wat nou so hartseer wyk

flitse uit die verlede
is nou die beelde
van die hede
angsbevange as als
vreemd lyk
selfs as hul na hul
eie blyplekkie kyk

klere en skoene
deurmekaar aangetrek
al is elkeen
se goedjies gemerk
hul maak enige een
se besittings hul eindom
die verstand eiewillig dom
tande en brille
raak selfs deurmekaar
dié mense se helpers
werk hard sowaar

familie en kinders word
as vreemdes beskou
hul weet nie meer
wie is wie nie
al sou hul so graag
wil onthou

die lus vir kos
en lekkernye wyk
dit laat die liggaam
so broos lyk

Al wat ons kan vra
is dat God se genade
hul elke dag sal dra.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Alzheimer
Raaitjie, ek ken dit so goed met my moeder wat daardeur is 'n paar jaar terug. Baie mooi gedig! Riempa
10 jaar 4 maande 1 week 5 dae oud


Alzheimer-Hartseer
Lees ek jou toe so perongeluk raak Raaitjie en merk jou toe sommer as vriend ook.
Dit is 'n pragtige gediggie. Dit is so hartseer waardeur hierdie mensies gaan en jy het dit so mooi beskryf.
Baie dankie vir die deel daarvan.
Groete,
PM
10 jaar 8 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


RE:Alzheimer-Hartseer
Eintlik n baie hartseer topic.Baie akkuraat en mooi geskryf.
10 jaar 10 maande 2 dae 20 ure oud


hartseer mooi, die siekte mooi verwoord.
10 jaar 10 maande 2 dae 21 ure oud


Briljant!!
Robelle
11 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar