Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit word aand dit word môre
Rietontein by Plathuis in die Kleinkaroo
Gods reën val op die grond
Amandelboom in jou bruidskleed getoë
word wakker dis augustus maand
Dit word môre dit word aand
bye zoem zoem zoem
voeltjies spring van tak na tak
Ligte briesie stoot vladderend
konfettie na die grond
Dit word môre dis aand
Sneeuwit bruid in die boord
wit geklee gesluier
maak gereed vrug te dra
skouspelagtig word sy ma
Dit word more môre dis vanaand
Lente net om die draai
Dis tyd om lewe te saai
Laat dit reën in jou siel
Voordat jou lewe
soos konfettie op die grond
vertrap verwaai verweer
Dis netnou môre
pasop die lewe gaan verby
Word vrugbaar en saai
vir altyd en ewig
Gods vrugbare bruid te word



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

amandelblom
Pragtig neergepen.
6 jaar 5 maande 3 weke 8 ure oud


....
Van begin tot einde 'n '' bruilof in die natuur '' ! ...Pragtig !
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Natuur
Dit praat met jou. Jy't mooi geluister en die boodskap gebring
7 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud



Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar