Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit word aand dit word môre
Rietontein by Plathuis in die Kleinkaroo
Gods reën val op die grond
Amandelboom in jou bruidskleed getoë
word wakker dis Augustus maand

Dit word môre dit word aand
bye zoem zoem zoem
voeltjies spring van tak na tak
ligte briesie stoot vladderend
konfettie na die grond

Dit word môre dis aand
sneeuwit bruid in die boord
wit geklee gesluier
maak gereed vrug te dra
skouspelagtig word sy ma

Dit word more môre dis vanaand
lente net om die draai
dis tyd om lewe te saai
laat dit reën in jou siel
voordat jou lewe

Soos konfettie op die grond
vertrap verwaai verweer
dis netnou môre
pasop die lewe gaan verby
word vrugbaar en saai
vir altyd en ewig
Gods vrugbare bruid te word



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

amandelboom
Mooi beelde wat jy skilder. Goed gepen.
4 jaar 3 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


amandelboom
ek is absoluut mal hieroor
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


AMANDELBOOM
Dis jammer dat soveel nie,

"vir altyd en ewig
Gods vrugbare bruid te word"

nie.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Amandelboom
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOOM projek.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 20 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar