Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deurmekaar en verveeld,
vlymskerp en opgewonde,
alles om my is vreemd,
alles om my lyk tog maar bekend,
my gedagtes hardloop rond.

Rondom my gesels almal land en sand,
almal lag vrolik na mekaar ,
ek verstaan niks,
die kultuur is onbekend,
die kultuur het my verwelkom.

Die horlosie tik stadig,
twintig generasies tik die sekondes verby,
oudhede omsingel my
en ek ruik die reuk van ouderdom
wat orals uitlek.

Idees en denke word met ‘n mis wolk ontferm,
binne die wolk verdwyn die mis,
die kultuur raak bekend,
niks is meer vreemd nie,
ek kyk van buite af.

Gelukkig en vrolik rys almal op hul voete,
tyd maak nie saak nie,
stadig kom my gedagtes tot stilstand,
almal beweeg weg van mekaar af...
Volgende week gaan ons verder...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek kon sommer die oudhede 'ruik'! OU goed het mos 'n onmiskenbare reuk - ene waaroor ek mal is!!! MOOI geskryf.
11 jaar 8 maande 3 weke 4 ure oud


Ek het weer 'n draaitjie hier op jou werfie kom gooi om weer te lees.

Dit is vir my opvallend dat die titels van jou gedigte so omskrywend is. Mooi!

Hierdie is vir my 'n besonderse mooi strofe:

oudhede omsingel my
en ek ruik die reuk van ouderdom
wat orals uitlek.

As ek dit hardop lees dan geniet ek die alliterasie van al die erre wat so lekker rol!

Ek sien uit na nog baie van jou werk. Ek geniet!
Groete,
PM
12 jaar 11 ure oud


Ander Wereld
Ek kan bloot die ander kommentaar beaam. Dit leef, dis mooi en ek wag vir die res.
12 jaar 6 dae 18 ure oud


Dankie vir die deel van weereens 'n mooi gedig.
Groete,
PM
12 jaar 1 week 14 ure oud


ander wereld
Hierdie gedig het real-life ondervindinge in my binneste na vore gebring - in NZ en die UK het ek vir 'n kort tydjie dieselfde ervaar - die vreemde 'buitestaander' gevoel - maar jou treffende derde strofe het dadelik die leeftye van kulturele rykdomme v Europa losgemaak. Uitstekende gedig wat nie net lippetaal blyk te wees nie, maar uit 'n hart geskryf is wat weet. Jy sê soveel meer as die paar reëltjies! -S
12 jaar 1 week 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sonstraalbeloftes

    deur Doret Johnstone-Robertson

    'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar