Gedigte

Titel: Anglisessie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die konklusie lê melankoliek
oor die perkament
en reflekteer elke motief
in 'n fanatiese oseaan
se gepreserveerde mentaliteit

die unieke kondisie vibreer,
dikteer geforseerde dimensiens,
van persepsie wat manifesteer
in 'n paradoksale simboliek

reduseer intelektuele satisfaksie
tot 'n parsiele orgasme
         restante van perverse dialek
                arrestasie van variasie

konstrueer eerder fassetlose sensasies
om my abstrakte eksplorasie
se totale
melodie
te illustreer




Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar