Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

NB: hierdie gedig is aan almal wat enkel ma's veroordeel. JULLE HET GEEN CLUE WAARDEUR HIERDIE MENSE GAAN VIR HULLE KINDERS NIE.

Opgedra aan n sekere waitressie.

Hulle noem jou name.
Slet, Hoer.
Omdat jy met die gevolge sit
waarmee hulle in elkgeval speel.
Jy staan by jou tafel
met n glimlag bedien jy.
Al is jou hart gekneus.
Want jy weet.
Jou kind moet eet.

Jy weet wat hulle se.
Jy hoor die fluistering
agter jou rug.
Maar jy het verantwoordelikheid
aanvaar vir jou aksies.
En jy glimlag
en jys pragtig.
Daar's niks in die wereld
wat jou oneindige liefde
vir jou ongeluk-gelukkie
kan breek nie.

n Sterker vrou
ken ek nie.
Van rots gebou,
maar jou hart is sag.
Jou geaardheid straal.
Jy sorg alleen.
Die lafaard is weg.
En hulle noem jou name?
Wie de fok is hulle?
Hulle klein-dorpie mentaliteit laat my wonder,
God het hulle seker perfek geskape.

Ek ken hulle nie.
Tog ken ek jou by die naam.
Want al het jy geval
het jy opgestaan.
En jy kyk die wereld in die oe
met trots.
Vir jou kind
n rots.

-=P=-
19 Oktober 2006
08:58



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Anti-aborsie
Dankie dat jy mooi in plaas van sleg dink van vrouens wat hierdeur gaan.
13 jaar 3 maande 3 dae 10 ure oud


Skuus ek bedoel die gedig
My eerste liefde. Groete
13 jaar 3 maande 4 dae 3 ure oud


Anti-aborsie
Dankie vir hierdie gedig. Mag hierdie
vrou krag kry om haar kind self groot
te maak. Sy is niks slegter as ander
mense wat voorsorg tref nie,al kyk
hul op haar neer.Sy is die sterk een.
en Jesus het haar gekies om ma te wees
vir hierdie spesiale kind.Soos ek ook
in my gedig Dagboek van swanger tiener
geskryf het. Sterkte.
13 jaar 3 maande 4 dae 3 ure oud


anti-aborsie
WELGEDAAN!!!!!
Wat jy hier sê is so waar. Die een met geen sonde mag die eerste klip gooi! En ek haal my hoed af vir elke ma wat haar man staan teen die wêreld. Ek meen het hulle nie seer genoeg gekry sonder dat ander sout in die wonde vryf nie! Ek wens meer mense wil besef dat elke mens gevoelens het, 'n hart het, wat nie gemaak is om oor te trap en jou modder spore agter te laat nie. Dankie vir hierdie gediggie van jou. En enkel mammas - geniet julle lewe, leef voluit en stort al jou liefde op jou kindjie want hy/sy het dit sooooo nodig!

nd
13 jaar 3 maande 4 dae 9 ure oud


Wel gedaan
Baie baie dankie vir hierdie gedig! Dit is asof jy dit vir my geskryf het - of jy my storie ken en oorvertel. Soveel herhinderinge het na my toe terug gekom toe ek dit lees - goed en sleg. Maar aan die ou end van die dag het dit (jou gedig en die lewe) 'n goeie einde. My seun is vandag 14 jaar oud, en sonder hom sal ek my lewe nie wil voorstel of hê nie. Hy is my rots, my troos en my hart. Weer eens dankie en wel gedaan!!
Erica
13 jaar 3 maande 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bothaville in the Second Anglo Boer War

    deur Francis Gillieron

    CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar