Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vanaf ongeveer vyfuur soggens
is daar die reuk van
genoegdoening met ’n
tikkie twyfel wat sywaarts deur
alternatiewe gestremdhede
boender.

Sy is lankal nie meer die
bose matriarg wat iewers in 1990
die klein seuntjie met sy
kamtige bloeiende neus
onverskillig by die skool
afgegooi het nie.

Ek wou die kind troos, maar
ek was aan die verkeerde
kant van die bottel – agter ’n muur, want
iemand het my mos
ingespuit

papgemoer en in ’n
houthuis vir die dood
gelos.

Vanaf ongeveer vyfuur soggens
vertel my spieëlbeeld grappies.
’n Ander tipe wêreld ontvou –
driedimensionele gestaltes wat
geskok gelaat word deur
die gelag;

gestaltes wat onlosmaaklik
deel word van ’n geskerts in
die motor wat
vrylik teen afdraandes na
my verbeelde graf vol
lotusse loop.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

arbeid adel
Baie goed verklaar.
4 jaar 7 maande 4 dae 3 ure oud


die weervoorspelling
just another day in paradise.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


arbeid
Goeie teenstrydigheid gepen tussen vers 1 en 5.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


styl
baie unieke styl, soos altyd, en pragtige slot wat iets verlate versier na die melancholie estetiese waardeering
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar