Gedigte

Titel: Arm
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek onthou nog hoe op die onderdorp
my gees daardeur geloop het
en trane in die strate in gevloei het .
Die stasie pak sy waens uit ,
en maak sy trein geluid ,
en vee met sy hand
sy spore na n ander land

My ma pak nog haar goed
en trek nog weg
na die volgende ete toe
in n huis waar sy klaar gebly het .
Pa gaan terug leenplek toe ,
sy gees huil in die bottel ,
die trane loop in die leegheid in


Die maan vra nog geld deur die ruite
terwyl die nag ryk is buite
waar hy aan my wegsteekplek raak .
Sy strale wat hy soos voelers saai
sal tot ek uitkom ook maar net moet raai ,
want ek bly my stil geluide maak
wat my lewenslange kind aanraak .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

arm
Daar is so baie wat hierdie paadjie stap. Jy skets dit duidelik tog hartverskeurend voor die geestesoog. Knap gedaan
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud


arm
diepseer nostalgiese woorde hier vasgepen... baie goed gesoen!
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar