Gedigte

Titel: As. . .
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here

As kloue van moegheid aan my siel
kom pluk
en ek nog wêreld-arrogansie
óók moet sluk;
dan dink ek aan die
Kindjie in die krip
en kry 'n bietjie méér
begrip.

As mense hul vingers in my
gesig kom druk
en 'n diepe seer
aan my hart se snare pluk;
dan sien ek hoe U op aardse
paadjies loop
en met genesings en wonders
vir U siele koop.

As moedeloosheid my lag wil
oorweldig
en ek my met die wêreld
begin vereenselwig;
dan weet ek U het vir my
diensbaarheid kom wys
toe U skarlakenrooi bloed kom
stort het aan die Kruis!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As...
As ek nie jou gediggie gelees het nie, sou ek baie armer gevoel het as gister ! Ek en my gesin geniet en waardeer jou woorde - so reg van toepassing op wat ek gister beleef het. Groete - Schatz
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


So mooi onthou en herinner......
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


Sjoe, dis pragtig geskryf
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


die woorde vloei so rustig, beklemtoon die sekerheid van ons geloof.
a.
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud


Baie mooi gedoen.
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Baie mooi
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


As
Dankie tog vir Jesus bloed. Dis pragtig stix, ja ons God is goed. Groete.
10 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 22 ure oud


Mooi geskryf.
10 jaar 5 maande 3 weke 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar