Gedigte

Titel: AS
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


As jy nooit gebore was,
sou ek nooit nie lief kon hê,
sou ek nooit kon luister
na wat jou lippe sê.

As dit nie vir jou was,
sou ek nooit nie kon verlang,
of ooit opreg waardeer
die tone van musiek en sang.

As jy nie jy was,
sou alles soveel anders wees,
dae, weke, maande, jare
sonder kern, pit of gees.

As dit dan so beskik was
dat ons wee wel moes kruis,
waarom dan die skeiding
om ons saamwees te vergruis?

As ons vir mekaar bestem is,
wanneer breek die dag dan aan
dat jou oë hare hart en liggaam
deel sal wees van my bestaan?

As “as” net verbrande hout is,
wat van al my asse dan?
Is dit ook maar net die as
van ’n liefdesvuur geblus in ban?

              ******


MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As
Ag tog, dis hartseer en hopeloos!
Wel gedaan!!
5 jaar 8 maande 2 weke 18 ure oud


As
hierdie as is sommer baie eina en n groot verlang na antwoorde... puik gedig Piet
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar