Gedigte

Titel: AS
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



hier sit ons nou

jy kyk vir my
ek kyk vir jou

deur skerms propvol woorde
hunker ons na oorde
na plekke
waar ons eens tesame was

wat gesê is, is gesê
dit wat gedaan is
het geen keer
en hoe klein is ons verweer
wanneer harte sommer net wil bloei

(oor elke wond sal rowe groei
met tyd sal letsels ook vervaag)

vir oulaas kom ons woorde tot 'n vuur
maar die uur voorspel die lot
van elke vlam wat is
en ooit hier was
die reeds bepaalde pad wat alles loop
en met hande, half onwillig
vee ons die laaste assies op 'n hoop

hier sit ons nou

jy kyk vir my
ek kyk vir jou.



© C. Shaw
12 Februarie 2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As
Seker die heel laaste bydrae wat ek hier op Woes sal lees. Iets wat ek altyd sal koester.
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 5 ure oud


As
Jinnetjie tog, dis alweer so treffend! So eg! So...presies so!

Veral:
en met hande, half onwillig
vee ons die laaste assies op 'n hoop
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 9 ure oud


In sak en as
Moet tog nie weg raak nie, hoop om jou weer raak te lees op ink.

Groetnis, maar nie vaarwel!!
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 6 ure oud


ja
hier sit ons nou.


like it...
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 8 ure oud


Groet.
So pragtig soos altyd. Jy skryf dat mens voel jy wil dit sing.

En ja, daar nies en stik en sluk ek ook weer.

Hierdie laaste week en veral vandag was een helse emosionele roller coaster vir ons almal.
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 10 ure oud


groet
Ek verbeel my nog die heeltyd ons sit op die laaste dag almal saam om 'n vuur wat uitbrand en groet mekaar :-) Vandaar die gedig. Mooiloop julle almal.
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 19 ure oud


As
Ons ure is besig vinnig uit te loop op Woes. Gedig mooi soos altyd. Xx
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 20 ure oud


:)
Mooi!
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 20 ure oud


as
ai tog hoe lastig is hierdie muggie nou hier in my oog
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 23 ure oud


Ai tog.
Nou wil ek huil . . .
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 23 ure oud


Isso, mos
Nee, nee, dis net dat ek wil nies.
Die stowwerige assies maak my öge so waterig.
Laat my los; dit gaan gou weer weg.
c]:o(
GvT
4 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar