Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As Denke in my wese nesskop
en soos elke storm in my groei
wonder ek oor al die sedes
wat ons volg met onbekende redes,
die dinge van menslike keuses
wat ons begroet, bewaar
wat ons aanklam, aanvaar

Hieroor staan my siel en ponder
Hieroor staan my siel en donder.

As Denke in my hart inkruip
en soos elke winter in my stilstaan
wonder ek oor al die sedes
die afgrond van menslike redes,
oor eeue heen versaai, vertel
deur millenia verstrooi, versamel
sonder nagedagtenis aan more’s gevolgde
sonder bepeinsing op nageslagte se sorge.

Hieroor staan my siel langs die pad en duimgooi
Hieroor staan my siel langs die kruis en bloei.

As Denke in my liggaam rondhardloop
en soos elke lente in my bot
wonder ek oor al die sedes
die etiek van my voorvaders se keuses,
soos ‘n slagyster om hul nek gegom
weergalmend om elke hoek en kom.

Hieroor staan my siel en wonder
Hieroor staan my siel en gonder.

As Denke in ons kinders posvat
en soos storm wolke verkleur
wonder ek oor al die sedes
wat hul moet volg met onbekende redes,
die dinge van aardse waardes
wat telkemale verwoed verrys,
sonder genoegsame keuses
en sy geweer teen hul laai.

Hieroor staan my siel langs ons kinders en gons
Hieroor staan my siel langs die kruispad en frons.

Dus die etiek van ons waardes
die onverstaanbare doen van ons late
die langpad wat ons ontbied
die maskers van voorgeslagte
wat al minder in my hart bons.

Wanneer die Profeet dan klop
sing ek ‘n lied met nuwe waardes
wat begin sonder gister se belades
en minder roem op menslike sages.

So dans ons saam ‘n epiese dans
wat die siel ontmasker, verbly
en God ineindelik bevry.

Hieroor loop my wese onveranderd, ongedeurd
Hieroor aanbid my siel die waardes deur net God bepaal.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

denke
Pragtige positief, inspirerende denke hier vasgevat.
4 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


as denke in my wese nesskop
Goed gepen. Hou van die herhaling "Hieroor staan my siel".
4 jaar 8 maande 4 weke 23 ure oud


as denke in my wese nesskop
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die WOLK / STORM projek.
4 jaar 8 maande 4 weke 1 dag oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar