Gedigte

Titel: As die afsydigheid knetter in stilte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die afsydigheid knetter in stilte
asof mens alleen op hierdie aarde is
en slegs die sterre, son en maan
as metgeselle het,

alleen in die seisoene van die lewe staan,
val goue akker blare aan jou voete
as die jaar sy nadraai maak,
winter stil-stil en later oorweldigend insluip

maar altyd kom ‘n nuwe lente
met bloeisels wat verrassend uitslaan,
is daar weer die hitte van somer
as daardie seisoen oorweldigend kom.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar