Gedigte

Titel: As die lewe soms oorspoel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy laat my dink aan fynbos en heuning
Ek voel jou rustigheid in my spiere se spanning

In die spasies tussen my kinderdae
En die masker wat ek deesdae dra
Skenk jy vir my ‘n kussing

Daars 'n sagte plek in die holte van jou nek
Waar my trane versamel en verdamp

Jou woorde weef self-vertroue deur my vlegsel
Terwyl jou oë my leegheid blou inkleur en met vere voltooi

Jou asem, koel teen my klam vel, verlam my
My vuiste ontvou teen jou bors en ondek jou hart se ritme

Jy neem die haat wat aan my ligaam klou
Saggies tussen jou vingers
En laat dit vry

Uitgepit teen jou skouer
En opgekrul soos 'n baba
Draai jy my in drome toe

En in die holte van jou hand
Lê daar 'n klip



Kommentaar

Wow wow wow!
Veral hierdie is so pragtig verwoord:
"In die spasies tussen my kinderdae
En die masker wat ek deesdae dra
Skenk jy vir my ‘n kussing"

Jy mag maar!
10 maande 2 weke 5 dae 20 ure 21 minute oud


Ek is MAL oor die klip!
1 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 22 ure 25 minute oud


Baie mooi jou beelde wat jy skep met die woorde is mooi en lekker om te lees
2 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 23 ure 6 minute oud


Ek hou hiervan!
2 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 9 ure 20 minute oud


Stunning gedoen
Uitgepit teen jou skouer
En opgekrul soos 'n baba
Draai jy my in drome toe
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 20 ure 36 minute oud


Hierdie werk is baie goed! Ek lees jou weer!
2 jaar 3 maande 6 dae 5 ure 5 minute oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar