Gedigte

Titel: As die waarsêerblom haar gesigvelle verloor...

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Teen die klipspore
wat strand-op
in die aanslag
van brander
na
brander
jaar in en,
jaar
uit
stom staan en kyk,
het ek vanaand
die spreukwoordelike
boodskap
in 'n bottel
die see ingestuur:
'n een lyn briefie
'kom terug, ek verlang'
in die kotsende skuim
na jou gestuur.
Na watter eiland
die strome dit sal neem
laat ek in die hande
van Moeder-natuur,
met net een wens
moeder-god
as die waarsêer-blom
haar gesigvelle verloor
dat dit
'hy lief my'
eerder as
'hy lief my nie'
sal wees:-

(en)

mag jy
op die plekkie wees
waar die boodskapbottel
te lande kom.



Kommentaar

Goed geskryf: hou hiervan!
1 jaar 8 maande 1 week 3 ure 53 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar