Gedigte

Titel: As ek
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek maar net
die blaar wat verdor
weer groen kon kleur
die brander wat uitspoel
kon omkeer
die roseblare wat val
terug vorm in 'n roos
die dag wat groet
die nag wat wag
tot stilstand kon bring
dan
dan sou dit vir my
moontlik gewees het
om jou siekte weg te vat
jou pyn
jou seer

As ek maar net kon.....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

So opreg, mooi, vol van omgee en pyn en die versugting om die las te kan help dra. Baie mooi.
12 jaar 10 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Wat 'n pragtige, sielvolle gedig.
13 jaar 1 week 1 dag 14 ure oud


Die magtelooseheid wat mens soms ervaar het jy werklik mooi neergeskryf. Jou gedig is teer, sag en gevoelvol.
13 jaar 2 weke 5 dae 15 ure oud


Ek t groot respek vir hierdie omgee-vers Ans. Dis kosbaar!
13 jaar 3 weke 20 ure oud


Pragtig! Hierdie gedig het my diep geraak veral die laaste 6 strofes!
13 jaar 3 weke 20 ure oud


So min woorde wat boekdele spreek. Ek ervaar dat jy soekend is na 'n oplossing, 'n wonderwerk.
13 jaar 3 weke 22 ure oud


Ek is sonder woorde - jy verwoord hierdie groot seer verskriklik mooi - mal oor die beelde wat jy gebruik~!
13 jaar 3 weke 23 ure oud


omgee mooi verwoord, pragtig.
13 jaar 3 weke 1 dag 1 uur oud


Sjoe Ans, dis baie hartseer! So teer geskryf! Mooi!
13 jaar 3 weke 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar