Titel: As ek dogtertjieklein
Weergawe: 1
Aantal woorde: 176
Kere gelees: 46
Datum gepubliseer: 18 Jun 2010
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens na jou sou roep
sou ek miskien
een keer
dalk
kon hoop daarop
dat jy sou kom
en niks doen
behalwe dalk
miskien
my vashou
en my troos
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens vreesbevange
wag vir jou asem
sou jy miskien
een keer
dalk
stil wees en nie my vra
om vir jou myself te gee
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens snikkend
die donker vashou
sou iemand miskien
een keer
dalk
kom en net by my wees
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens jou martelskree
met my siel
moes voel
sou iemand miskien
een keer
dalk
vir jou help
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens jou stap
in die gang
op en af
hoor
sou iemand miskien
een keer
dalk
jou gaan haal
en vir jou vrede gee
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens nie ‘n oog toemaak
sou iemand miskien
een keer
dalk
vir my die nag kortknip
as ek dogtertjieklein
vanaand
weereens voel hoe my siel
uitmekaarskeur
sou iets miskien
een keer
dalk
vir my die uitkoms gun
om te gaan
Lees ander gedigte deur AdeleV
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur natasha dutton
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)