Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag staan ek hier
waar onstwee gister was
ń Jaar se hartseer vuur
brand my in my spore vas.

Soos stormwinde deur my woed
waai herinneringe terug
Reminissies van verraad
wat die pyn en kwaad bly voed.

Rasend van verlange
maar haat wel in my op
soos daardie laaste naweek
bly afspeel in my kop.

Die oggend wou jy my
met alle mag kom haal
Gesê as jy langer wag
jy van verlange dood sou gaan.

Later daardie dag
het jy stil-stil weggeraak
sonder totsiens of goeienag
my in die duister staan gemaak

Onseker en verward
in stille donkerte verlaat...
voel ek hoe die doringdraad
stywer en stywer
vastrek om my hart.

Mal van bekommernis
roep ek hart en siel na jou
emosies wat in opstand is
vreet aan die stukkies menswees
wat ek bymekaar moet hou.

Sonder ń briefie op ń stuk papier
sonder rede of vaarwel...
Net die sierskrif teen jou hart se muur
en die leuens wat jy vertel.

Die oggend wou jy my kom haal
daardie aand slaap jy langs haar
die ander merrie opgesaal
en óns net so laat vaar!

Miskien as ek vergewe
sal ek eendag kan vergeet
aangaan met my lewe
en laat gaan van die hatseer
wat my van binne vreet...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

as ek jou kon vergewe
Pragtig. En donker. Dalk kort jy 'n bietjie lig...? [Wat jy baie meer sal waardeer - en beter sal sien - na al die donkerte. :)]
5 jaar 5 dae 5 ure oud


vergewe
Dit is 'n hartseer afskeid
5 jaar 6 dae 2 ure oud


Vergewe
Dus hartseer om jou hart vir iemand te gee en dan so behandel te word, maar is dit die moeite werd om oor so 'n persoon tr treur - hy duidelik nie jou liefde werd nie.
5 jaar 6 dae 2 ure oud


Vergewe.
Mens moet vergewe, al is dit hoe swaar anders bly jy daardie persoon se gevangene. Ek en my Ouvrou is al 2x hierdeur. Nie iets tussen ons nie maar iemand wat ons bitter seer gemaak het. Ek kon nie vrede vind tot die dag wat ek vergewe het nie.
5 jaar 6 dae 19 ure oud


As ek jou kon vergewe
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
5 jaar 6 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar