Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as ek maar net kon
sou ek jou pyn myne maak
jou lyding dra
elke pil vir jou sluk

as ek maar net kon
sou ek jou marteling
in my skede dra
elke pyntrek vir jou ly

as ek maar net kon
sou ek jou kromgetrekte rug
jou krampe en pyne
my lewenstyl maak

as ek maar net kon
sou ek elke spier en nekpyn
in my liggaam vaspen
tot ek ineengetrek bly lê

as ek maar net kon
sou ek vir jou nagte wakker lê
jou trane oor my wange laat rol
elke snik vir jou vang
en met liefde vervang

@ ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As ek maar net kon
Soveel deernis en liefde mens kan dit voel, hierdie kom uit n mooi opregte hart.. baie mooi verwoord Ans..
6 jaar 5 maande 5 dae 4 ure oud


*
Pragtig en met soveel deernis geskryf, Ans!
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


As
Weet jy Ans in hierdie gedig VOEL ek die empatie en GLO ek elke woord wat jy skryf dis diep dis pragtig en dit lewe
6 jaar 8 maande 1 dag 8 ure oud


As ek
As ek nou die waarheid moet praat sou ek jou gelukwens met 'n puik bydrae en is daar nie vele van ons wat graag ander se pyn wat hulle nie meer kan verduur ons eie wou maak nie. Uit die boonste rakke.
6 jaar 8 maande 3 dae 16 ure oud


As ek maar net kon
Dit is nou opregte liefde die. Pragtig Ans. Jy's n moet in elke huis, n vriendin duisend en n wonderlike mamma en vrou van sagte staal. Ons kort meer mense soos jy.
6 jaar 8 maande 3 dae 19 ure oud


Ai.
Ek is seker hierdie gedig gee moed vir wie dit nodig het.
6 jaar 8 maande 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar