Gedigte

Titel: As ek sand vashou tussen my hande

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos ek sand vashou in my hande
en dit tussen my vingers laat deurloop,
so is ek soms hulpeloos in my geloof
en bid en vra ek, sonder om God te loof.

Om met my hande water te skep
en dit deur my vingers te sien wegvloei
So sypel Gods' geleenthede weg
sonder dat ek dit vasgryp.

As ek in eiewaan leef asof God nie bestaan
en dinge op my lewenspad gebeur
wat my "eie ek" laat wankel,
dan eis ek ongeduldige antwoorde van God.

Waarom laat Hý dit met my gebeur?
Eers as ek leeg gehuil sonder emosies
in wanhoop op my knieë neersak,
is ek bereid om te luister.

Wanneer dit stil word  hoor ek die antwoord.
U is ‘n God van liefde en omgee
wat my nie soos sand deur U hande
of soos water doelloos laat wegvloei nie.

U laat my op my knieë neersak
van my eie belangrikheid vergeet.
U bewaar my hart en siel van seerkry
keer dat ek vir ewig brand.

Dankie Heer, U laat my nie my lewe beheer nie,
U vang my sandkorrels van ongeloof
en verander dit in ‘n rots van geloof.

Die lewenswater van geleenthede vang U op
en laat dit soos ‘n donderstorm oor my reën.
Daarom, Jesus, kan ek weer lag,
my geloof nou geanker in my God se krag.

Geskryf deur: Ans Coetzee
© Ans Coetzee 2008



Kommentaar

Soos sand tussen my hande
Ai my ou maat dis so pragtig ek wil sommer tjank.
Jou geloof was nog altyd sterk
Sal so met die tyd almal lees maar die een is mover my gunsteling

3 jaar 9 maande 2 dae 3 ure 53 minute oud


`N aangename nuwe briesie hier op woes welkom.
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 18 ure 23 minute oud


Soos belowe is ek weer terug op jou erfie ....
Ans soos belowe het ek gou weer 'n draai deur hierdie erfie van jou kom maak voor ek bed toe gaan hierdie kant van die aarde.
Dit is 'n pragtige bydrae en sielevoedsel vir die honger soekende mens. Diep kniebuig vir die voorreg om te kon deel aan jou lyne! Soos Annie wil ek ook vir jou uitnooi om by ons by die woes forum te kom kuier. Loer ook gerus na ons woordeboek. Albei skakels is links op die woesblad en net 'n kliek weg van 'n vrolike klompie woordbouers en ouens wat saam kuier. Jy sal veral die geestelike bydrae's baie geniet en jou se daar kan se!
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 5 ure 21 minute oud


Wow! Dis 'n awesome gedig! Lyk my ek moet 'n paar tips vang by jou
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Ans, sommer 'n woeswelkom hierso. ek het nou eers al jou goedjies gaan deurlees, en toe weer 'n keer stukkies gelees. baie welkom hierso, kom geniet elke dag saam ons, jy is oppi beste werfie.
dankie vir jou pragtige stukkies van liefde wat jy met ons deel. gaan loer biki in op ins forum, sluit aan en kom deel jou pragtige sêgoed daar ook. dalk kan jy Meraai se leë kinderafdeling vir ons aanvul. ons sien uit na nog baie van jou.
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 6 ure 52 minute oud



Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar