Gedigte

Titel: As ek sing
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as ek sing
sing ek van U Grote Heer
van U wonderdade
U liefde vir my
hoe U aan die Kruis gesterf het
vir my onmindade

as ek sing
sing ek van U liefde vir Job
deur marteldade aan die lewe vasgeketting
op die ashoop deur koue nag se kou beskerm
gered teen die satans aanslae

as ek sing
sing ek van U liefde vir Dawid
hom teen aanvalsmagte beskerm in die grot
in sy vlug van sy beste vriend
sy teenstand teen Goliad

as ek sing
sing ek van U martelstryd
teen vriend en vyand
van ‘n Kruis wat U self moes dra
van gate in U hande
U lydingstryd vir my

as ek sing
sing ek van ‘n leë graf
met rolle verbande
in wanorde gestrooi
teen die hang van ‘n berg

as ek sing
sing ek van U liefde vir my
U wat ‘n marteldood gesterf het
om my lewe te red van die brandende hel

as ek sing
sing ek van ‘n wolk
met Jesus ons Koning daarop
Sy hande seënend oor Sy volk gestrek

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sing!
Ek sing saam . . .
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar