Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jou hart alleen klop
alleen onder die geel maan
word jou pad 'n doodloopstop
waar niemand
op wil gaan

As jou moeë lyf
al agter jou rampasjannas aansleep
is daar niks meer wat jou dryf
is daar niks meer
om oor te dweep

Trek dan maar jou skoene uit
beur kaalvoet deur reën en wind
want as niemand jou tog soek nie
kan niemand
jou ooit vind

Ja, as jou hart alleen klop
dan droog jou gees ook weg
bly oor, net 'n skilpaddop
waaroor niemand
tog wil veg

(Ek onthou nog steeds jou mond)
(droomsag oor my lyf verpoos)
(jou liefde .....,
toe my siel nie meer ongeskond)
(in hoenderprikkels bloos)

As jou hart alleen klop
alleen oor klippe van bloed
kan hy net so wel gaan staan
eerder as om oor woestyne
eensaam voort te woed

As jou hart alleen klop .....
 

©Elizabeth Greef - 10/01/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

As jou hart alleen klop


Jy het hier weer uitgehaal! Welgedaan Karmanaadjie.
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 10 ure oud


As jou hart
Baie gevoelvolle werk. Uitstekende skrywe.
4 jaar 1 maand 1 week 3 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
love it.
Pragtig en vol tasbare emosie gepen.
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 17 ure oud


***
Ek voel jou emosie aan, K. Goed aangebied, hoor.
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 18 ure oud


klop
Ek sluit aan by Carma. dit is hoekom ek hierdie groep op Facebook wil stig dat ons ons werke daar kan plaas. baie van ons is in elk geval op Facebook
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 2 ure oud


klop
Lyk my ons klomp woestelinge sal 'n plek moet vind waar ons mekaar kan vind na hierdie sluiting. Weereens baie goeie werk, Karmenaadjie :-)
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 5 ure oud


Dankie . . .
vir hierdie puik skrywerk waarmee jy my dag kom maak. Weet jy hoe gaan ek dít mis?
4 jaar 1 maand 1 week 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar