Titel: As jy my nie kom red nie, wie sal ?
Weergawe: 1
Aantal woorde: 217
Kere gelees: 86
Datum gepubliseer: 12 May 2010
Kom haal my
kom haal my hier waar ek vassit
tussen my eie redenasies en
oningevulde spasies van verskonings
wat lankal nie meer sin maak nie
Kom haal my
kom haal my uit hierdie doolhof van vrae
waarop ek te bang is om antwoorde
te hoor
te bang is dat my sal hart wen en my
verstand verloor
Kom haal my
kom haal my by hierdie kruispad wat
kliphard onder my voetsool kraak
met afdraai paaie wat my meer
verward en rigtingloos agterlaat
Kom haal my
kom haal my by hierdie pos-boom
waar vergeelde briewe van skimme
uit my verlede my roof van nou
en van jou hier in my tasbare hede
Kom haal my
kom haal my uit nagmerrie drome
waar die monster en die vrome
elke nag arm druk om besitreg van my siel
waar ek telkemale as slagoffer
voor bloed moet kniel
Kom haal my
kom haal my waar ek stom wag vir
woorde om weer hulle weg na my mond
te vind sodat ek weer sprokies kan vertel
eerder as koors-yl geluide maak op die
nadraai van die wind
Kom haal my
kom haal my uit my verlore status
meld my aan as gevind
dat ek weer soos 'n vrou kan leer liefhê
nie meer hoef te vrees soos 'n kind.
© 2010 Almarie Truter
Lees ander gedigte deur ammiemoon
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Piet Schoombie
Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.