Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Karma is die nagevolg van jou aksies
wat jou laat les opsê.
Die refleksie van jou dade wat
eendag haar weg met jou sal hê.

Karma sluip soos n
boef in die nag op jou af,
sy maak haar opwagting
wanneer jy haar die minste verwag.

Karma is die slang wat haar tande
diep in jou hakskeen inslaan…
wat nie los tot jou gewete sy weg
soos gif deur jou binneste baan!

As Karma jou kom opsoek
en klop aan jou deur…
is omdraai te laat en kan jy
die nagevolge van jou dade nie keer.

Wat die oog nie sien nie
maak die hart nie seer nie…
tot Karma toeslaan met mening
en jy die mag van haar krag nie kan keer nie.

Karma is die spieëlbeeld van alles
wat reg en regverdig moet wees.
Solank jy reg doen teenoor ander
het jy geen rede om Karma te vrees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

karma
Interessant, puik geskryf!
4 jaar 11 maande 16 ure oud


karma
Ek dink jy het 'n punt beet hier:-)Goed geskryf. Gelukkig skryf ek my naam met 'n 'C' :-)
4 jaar 11 maande 17 ure oud


Karma
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 18 ure oud


.
Baie goed geskryf. Die gedig vloei lekker. Goeie rym.
4 jaar 11 maande 21 ure oud


karma
Heel interessant toevoeging tot die projek. Knap gedaan.
4 jaar 11 maande 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar