Titel: As was
Weergawe: 1
Aantal woorde: 194
Kere gelees: 645
Datum gepubliseer: 17 Jul 2008
as jy ‘n coke-cola bottel was
Was ek die bottel se dop
as jy ‘n hannepoot was
Was ek die skop
as jy ‘n koppie koffie was
Was ek die kafeien
as jy ‘n blikkie red bull was
Was ek die adrenalien
as jy ‘n pen was
was ek die ink
as jy ‘n diamant was
Was ek die blink
as jy ‘n selfoon was
Was ek die syn
as jy ‘n sand hoop was
Was ek die dyn
as jy ‘n printer was
Was ek die papier
as jy ‘n suurlemoen was
Was ek die suur
as jy ‘n mona-lisa was
Was ek die glimlag
as jy ‘n son op koms was
Was ek die nuwe dag
as j ‘n rivier was
Was ek die vis
as jy ‘n deel van die kaap was
Was ek die kus
as jy blind was
Was ek jou oë
as jy ‘n bokkie was
Was ek die karoo
as jy ‘n blom was
Was ek die by
as jy ‘n vars gebakte brood was
Was ek die bakery
As jy wat ook al was
Was ek daar aan jou sy
Om vir ewig daar te bly
Lees ander gedigte deur A. J. Le Grange
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'