Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aspoestertjie, my liewe vriendin
gee my ‘n tydjie om te begin
met dit wat ek vir jou wil sê,
dis iets wat naby jou hartjie lê

Sewe dwergies het my gister gebel
en die skokkende nuus vir my vertel,
hulle waarsku toe dreigend vir my
dat ek daaroor moet stilbly…
maar as ek dit van jou weerhou
sal jy my nooit weer vertrou

Dis ‘n geheim oor jou liefdeslewe
ek hoop jy sal hom kan vergewe…

So hier is die geheimpie –
Prins Charming verneuk jou met Sneeuwitjie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Aspoestertjie
hou baie hiervan - wonder net of "... dat ek daaroor stil moet bly..." nie die ritme beter sou behou nie. Andersinds gr8!
4 jaar 6 maande 4 weke 21 ure oud


Stout, baie stout...en Sprokiesland sal nooit weer dieselfde wees nie....Baie oulik!!!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


Aspoesterjie
So dem Sneeuwitjie! Sien jou nou, vroumense darem!
Vlym-flippieng-skerp alweer 'n keer!!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


V
In Sneeuwitjie en Aspoestertjie kan ek nog glo, maar Prince Charming... glad nie!. Hy hoort net in kinderstories.
Hie hie - lekker geniet!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Sprokieprinses
Jy word hiermee gekroon as die Sprokiesprinses. PUIK!!!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Aspoestertjie
Baie skerp, hou hiervan...die arme Aspoestertjie!!!
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


Vulletjie
Jy is 'n vriendin duisend. Pragtig
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


Aspoestertjie...
Mooi vertel.

Lag ek sommer vir Barend se kat ook...
4 jaar 7 maande 16 ure oud


Z
Ai die oorvertel van geheime wat met skinder gepaard gaan! Nou is prins Charming uitgevang - Die blerrie dwerge. Goed geskryf.
4 jaar 7 maande 19 ure oud


Aspoestertjie
Verrassende einde
4 jaar 7 maande 1 dag oud


...
Nou weet Aspoesterjie (en Sneeuwitjie hopelik ook!): Oppas maar vir Prince Charming...

4 jaar 7 maande 1 dag 6 ure oud


Aspoestertjie
Goed gedoen.Ek hou daarvan.
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


die weervoorspelling
hehehee....
lyk my Prins Charming is baie charming.....
5 jaar 2 maande 2 weke 22 ure oud


Aspoestertjie
Pragtig.
Soos Barend juis sê:
Alles moet altyd 'n storie wees en hoe meer verrassend die einde, hoe beter.
Pragtig.
5 jaar 4 maande 2 weke 15 ure oud


-
Dit is altyd 'n kwessie of jy 'n boodskap moet oordra, en ook hoe jy dit moet oordra, maar jy is reg, die boodskap moet oorgedra word. Begin maar met die kat het op die dak gesit en nie net die kat is vrek nie.
5 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


:-)
Oulik geskryf
5 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar