Met jou skeppingskonsert jou ligglans uitvoer ,
Jou vuurdans onnugter , beskonker
en ek weet dat ek jou soos n mot wat om n kers sloer
elke dag net meer en meer mis ,
dat premonisie en introspeksie dieselfde is ,
die maan grond ,
die aarde lug ,
die mens se masker faal , onbevoeg ,
die nar daaragter sug
Jy is die speelgrond wat verby bly ,
die glyplank wat verby gly ,
die wipplank wat verby ry ,
jy hou in die los vas aan my ,
vir oulaas deel van nou ,
die nou as ek voor n hospitaalbed sit ,
en by die masjiene bid ,
en God vra om dit aan te hou ,
en jy wil los omdat jy aan niks meer kan vashou ,
vir oulaas deel van nou
Ek sal jou soos Kersfees bêre ,
met jou in Jerusalem trou , tussen die sterre ,
en liefde hê tot dit aarde toe kom .
Ek het geglo n wolk sal jou hemel toe vat ,
miskien is die son se trane net so nat ,
of miskien was ek reg , miskien was dit jy in die reën ,
vir oulaas deel van nou , sigbaar n seën
By die vol venster uit die deurskynende maan ,
sy raam is leeg oor die lewe wat aan gaan .
Ek sien en kyk
na die nag wat lig soos jy lyk .
Vanoggend was dit donker ,
die woorde moeg , my hart dronker ,
die seer nader as die môre-ster ,
en die traan wat jy weggeloop het so ver ,
met jou pad besaai .
Ek sou jou verniet met my lewe gekoop het ,
en aan die anderkant verseker raai ,
oortuig dat ek my met jou naam gedoop het .
Eerder as wat ek ophou by God vir jou bid ,
liewers dit .
Ek verstaan nie hoe jy so mooi my kan dood maak nie ,
hoe jy so gevoelloos my kan aanraak nie ,
al wat ek net weet
ek is net heel as jou stukkende herinneringe
n deel van my in suur vreet
n nag later , gister se weerkaatsing
soos die son se weerlig wat om die maan kring .
Ek huil en troos myself jy sien liewers dit
Wat ek nou kyk al is dit al , net dit...liewers dit ,
By die vol venster uit die deurskynende maan ,
sy albums leeg , die foto’s wat aan gaan .
Jy sien ek kyk
die nag wat lig soos jy lyk .
Vanoggend was dit donker ,
my woorde moeg , my hart dronker ,
en die pad wat jy weggeloop het so ver
met trane besaai .
Ek sou vir jou dood gegaan het
maar daar was nie die son se weerlig wat om die maan gekring het nie ,
ek sou dit vir jou gevat het ,
maar daar was niks wat my tussen jou en dit gebring het nie
- Cornè Etchells
Lees ander gedigte deur die skuil
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Francis Gillieron
CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR