Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wandel in enkelvoudige
eenvoud – die kind vat my hand
’n afgesperde gebied; tientalle sirenes
loei onophoudelik
in my kop

vloeibare stikstof absorbeer
alle lewe
beginsels fragmenteer op ’n
basis van tien tot nul in
glas wat ledemate
van onbestendiges
huisves

tussen wolke vloei daar
beweging – sondelaste van veelvuldige
robuustheid in prag

die son is ’n skramse
letsel van die profane gloed
wat ons kontrei dekades lank
verswelg het




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

atmosferiese versplintering
briljante titel, dit val wonderlik oor die tong, en verf `n besonderse prent in my kop. Die res val nie `n stuk kort nie, dit lees mal.
4 jaar 9 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


atmosferies
Puik van begin tot end!!!
4 jaar 9 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


die weervoorspelling
jou 'woordkuns' in die vers is fenominaal.
Slim bedink.
4 jaar 9 maande 1 week 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar