Gedigte

Titel: Auk, die Tokkelossie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As kind op die plaas het ek dikwels my vader se “tokkelossiefrustrasies” ervaar. Alhoewel die meeste mense werklik ‘n groot vrees vir die Tokkelossie gehad het, was daar tog díé wat hom dikwels as skans gebruik het, aldus my vader.

Niemand kon presies verduidelik hoe die Tokkelossie lyk nie, maar die beskrywings was min of meer dieselfde. Klein, kort, swart, harig, half mens- half bobbejaangesig met groot bobbejaanhande, maar hy het nie voete gehad nie. Jy kon hom hoor as hy loop, so klop-klop op die stompies-bene.
Hy kon “met een klap ‘n man laat agtertoe kyk”. (Nek omdraai)
Die mense het hulle beddens op stene gepak sodat die Tokkelossie nie op die bed kon klim nie, maar hy kon op die dak klim om sekere mense wat die volgende oggend gô-uit was, uit die slaap te hou met sy lawaai. Growwe sout sou help om die ding voor die deur of van die dak af te hou.
Volgens oorlewering vat die Sangoma ‘n afgesterwene, sny sy tong uit, en kap sy bene by die knieë af. Die arms word by die elmboë afgekap, dan is hy/sy ‘n slaaf. Die “slawe” onthou niks meer van wie hulle voorheen was of iets van hulle lewe nie. Hulle maak die Sangomas se huise skoon, was en stryk vir hulle en kook ook hulle kos. Die Sangomas stuur hulle uit in die nag om te gaan kos steel. Dan slaap hulle sommer by die manne se vroue ook. Reg langs die man in dieselfde bed. Niks gehoor, niks gesien. (Vandaar die groot skrotum wat ‘n teken was van ‘n ooraktiewe seksuele drang.) My vader was ook dikwels “regter” om die vrede te bewaar tussen mans en vroue wat “Tokkelossie-kinders” gehad het.
Die mense wat die Tokkelossie al gesien het het mal geword. Hy bring ook slegte boodskappe of siektes van die Sangoma af, maar as jy navraag doen dan kry hulle die boodskap in ‘n droom, die Tokkelossie kan mos nie praat nie. En o ja, hy was net snags bedrywig. As Bessie, die melkkoei, baie min melk gehad het die oggend, was dit die Tokkelossie wat haar in die nag leeg gesuip het.


Die Tokkelossie

Nou wat nou Ou Jona is dit wat jou so vreeslik omdop
Jou gesig so grysgrou maak, jou hart so vinnig laat klop
Wat jou ou oë so spierwit laat rondrol in jou kop.

Ag nee Ou Jona moenie hier voor my kom kruip nie
Nie vir my kom sê ou Bessie is al weer leeg gesuip nie
Dit is waragtag ‘n toets wat jy nie vandag mag druip nie.

Ou Jona kom vertel nou vir my rustig en op jou gemak
Van die klein, kort, swart mannetjie met die groot sak
Waar kom jy aan die wolhaarstorie man, dis mos twak!

‘n Skaamsak sê jy vir my wat hy oor sy skouer kan hang
Met kollosale hande wat vir jou om die nek wil vang
Eish Mngani, shô, hy maak vir my somma banja bang.

Ou Jona watter ou het vir jou al hierdie stories vertel
Van hierdie klein mannetjie met baie hare op sy vel
Wat vir jou nog banger maak vir hom as vir die hel?

Hierdie “nagwese” wat nie sy gesig in die dag sal wys
Wat slegs snags sy lope loop en kom soek na ‘n prys
Vir sy eie Sangoma wat sy naam geskryf het op sy lys.

Ek probeer regtig baie hard om vir jou te verstaan
Hoe lyk hy nou, na ‘n mens of na ‘n halwe bobbejaan?
Auk, soos Mngani sê, ek het hom gakry daar gastaan

Maar eish, Ou Jona hy het vennig die oge laat val
Want as jy kyk hom by die oog dan word jy mos mal
Aikôna, Ou Jona hy soek hom nie die gepik by die bal.

My eerste vrou sy het hom die annerdag so bakyk
Hom se groot neus het nes die bobjaan s’n galyk
Sy oge hy het so rooi soos die vuur vir hom gakyk!

Wat issit wat die klein mannetjie van jou wil hê
Of is daar iets dringends wat hy vir jou kom sê?
Auk Mngani, hy soek by my se vrou te kom lê.

Die Tokkelossie hy kan mos nie praat nie hy is stom
Mos die Sangoma hy het hom weg gevat sy tong
Mar njannies koepêla daai mannetjie hy is nie dom.

Maskien hy kom ook om vir my die nuus te breng
Van die groot sangoma daar by die vuur se kreng
Hy soek nie my hart hy moet weer kan lekker seng.

Daardie deng wat ons roep hom die Tokkelosh
Hy bly hom daar ver by die berg, diep by die bos
Maskien hy sal sommer die groot siekte kom los.

Jy kan hom mos inwag en dan lig jy met die lamp...
Auk Mngani jy sê ek moet hom onderstebo stamp
Ek sal nog so stamp dan’t hy klaar weg verdamp.

Auk samblief jy moenie sommer vir my lossie
En njannies jy moenie nog hier kom spot nie
Daardie deng hulle roep hom die Tokkelossie

Sal hy vir my kom kry, sal hy sommer my nek omdraai
Dan lê ek bo by my pens maar ek kyk hom vir die sky
Auk nee wraggies Mngani dan is ek mos in my maai.

Dan sal Ou Jona nie meer kan kom vra vir die meel
Hy sal kom by die nag om ôk die melk te kom steel
Maar eish, om die tyd by al daai werk te verdeel…



Kommentaar

Eish PM - ek het hierdie een geniet!!
Pret of te not -
hy het gabreng die groot ganot!

(,")
3 jaar 4 maande 1 week 5 dae 21 ure 54 minute oud


Auk die Tokkelossie

Ek het die storie en die gedig geweldig geniet. Ja-nee 'n goeie beskrywing wat my jare laat terug dink baie dankie vir die puik stuk
Sal nog met die tyd van die res ook lees
Bokmakierie
3 jaar 9 maande 2 dae 4 ure 5 minute oud


tokkelossie
Dis die beste beskrywing van hom wat ek nog gelees het. Dis geen wonder dat almal so bang was vir hom nie. Jou gedig het baie lekker gelees.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure 26 minute oud


tokkelossie
Dis die beste beskrywing van hom wat ek nog gelees het. Dis geen wonder dat almal so bang was vir hom nie. Jou gedig het baie lekker gelees.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure 26 minute oud


tokkelossie
Dis die beste beskrywing van hom wat ek nog gelees het. Dis geen wonder dat almal so bang was vir hom nie. Jou gedig het baie lekker gelees.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure 26 minute oud


tokkelossie
Dis die beste beskrywing van hom wat ek nog gelees het. Dis geen wonder dat almal so bang was vir hom nie. Jou gedig het baie lekker gelees.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure 26 minute oud


tokkelossie
Dis die beste beskrywing van hom wat ek nog gelees het. Dis geen wonder dat almal so bang was vir hom nie. Jou gedig het baie lekker gelees.
4 jaar 1 week 1 dag 20 ure 26 minute oud


Oulik!
4 jaar 1 week 1 dag 21 ure 54 minute oud


Bakgat Magriet! Nou het ek die mannetjie sommer beter leer ken.
4 jaar 1 week 1 dag 22 ure 31 minute oud


Dit is die beste beskrywing van die Tokkelos wat ek nog gelees het. Jou navorsing het baie dinge vir my verduidelik.Dankie! Dit gedig vat mens saam, jy wil nie ophou lees nie.
4 jaar 1 week 2 dae 28 minute oud


Skitterend. Ek kon die "kultuur" in jou gedig aanvoel. Dis so goed, asof ek nou net weer 'n draai op die plaas loop maak het.
4 jaar 1 week 2 dae 2 ure 36 minute oud


Auk, die Tokkelossie kom kuier
Baie mooi storie en gediggie wat jy vir ons kom gee het. Baie dankie daarvoor ek het dit baie geniet.
4 jaar 1 week 2 dae 4 ure 36 minute oud


Auk,die Tokkelossie
Magriet jou tokkelossie verduidelik baie mooi wat die ou legende is. Baie dankie ek het dit baie geniet en lekker gelag.
4 jaar 1 week 2 dae 5 ure 55 minute oud


Jibsem
Jibsem die gedig is goed gedoen sus. Jou vooraf verduideliking is baie goed.
4 jaar 1 week 2 dae 6 ure 11 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar