Gedigte

Titel: Baba klein
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dogtertjie jy is vroeg gebore
alle vrees gelukkig verlore
jy is so volmaak
dit laat mens God se liefde smaak

Jy is in liefde deur God bewaar
vir pappa en mamma sowaar
het Jesus jou gegee
al was daar vrees daarmee

Daar is vir jou gebid
met 'n traan op die ooglid
Dat jy sou leef is gevrees
tog Jesus het die vrees genees

Jy is so volmaak tog so klein
Jou lyfie en handjies fyn
tog is jy klaar 'n hartedief
almal het jou baie lief

Jy is 'n klein wonderwerk
wat almal se geloof versterk
Nou word vir Jesus getuig
almal kan in vreugde juig

Jy is 'n God gegewe kind
wat met mamma in liefde bind
jou weg deur die lewe sal vind
Altyd met trots aan God gebind

Geskryf deur Ans Coetzee
© Kopiereg 2008

Opgedra aan Celeste en Carli







Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

nederig wil ek net vertel hierdie is een van jou mooiste gedigte.
5 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar