Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Babadogtertjie

Jou oë is blou soos Pappa s’n
en Oupa se rooi roer stout
jou hare deurmekaar.
Jou glimlag is Mamma s’n
en bietjie tussenin
is Tannie se kuiltjies sowaar.
Ja, hier en daar is ietsie
van almal van ons,
maar jy bly jou eie mensie
om met nuwe ogies te kyk
en saggies af te wyk
van geykte weë
om dartelend jou eie paadjie te loop

(vir Jean-Marie)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lieflik. Lief jou werk. Wens jy wil meer skryf!
6 jaar 4 maande 3 weke 8 ure oud


Deksels mooi.
6 jaar 6 maande 5 dae 10 ure oud


Besonders!
6 jaar 6 maande 6 dae 17 ure oud


Dit is pragtig Douwlina. Mens ontdek die nuwe mensie, terwyl sy haar nuwe wêreld ontdek. Die ontdekkingstog hou nog lank na babapoeier en pienk voetjies aan. Wat 'n wonderlike voorreg om te sien hoe hulle elkeen hulle eie paadjies ooptrap met daardie klein voetjies.
6 jaar 6 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


pragtig.
6 jaar 6 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Babadogtertjie
Baie mooi beskryf
Koekoe
6 jaar 6 maande 1 week 3 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar