Gedigte

Titel: Bad-kitsch
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is min plekke so kommerloos soos `n outydse badkamer.
Regte kitsch van olieverf bo wit teëls
stoom en drup op groen novilon.
Horisontaal geskroef eenbeen
pienk pelikane, net vier, van die soort wat soos `n plakker afglip op glas,
op `n langspieël wat plek-plek skilfer.
Die voëls moet in vaalte skrop vir hulle vangs
al met die stronkriet langs.

Die ruitjie sal dowwe duimdrukke maak
en die maan net-net aan die onderste skuifraam raak.
Bo jou kop, aan `n glanswit plafon,
is `n vierkant waardeur die donkerte kom.

In so `n bad kan `n mens borrels opstert in `n skuimpietert
al is die water kalkerig-hard
en al laat skuimmaak met die Lifebouy-seep
die ballon na lank glasblaas
`n oomblik blinkerig leef
en dan melkerig weg
beef

Karlien van der Merwe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtige vers Karlien!
10 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


Geleefde plekke: sien dit!
10 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar