Titel: Balbyter
Weergawe: 4
Aantal woorde: 118
Kere gelees: 203
Datum gepubliseer: 13 Nov 2011
Rysmier, as termiet is jou naam gepas
val jy onder soldate-, sowel as werkersklas
hoofsaaklik is jy onvrugbaar
maar los dit eers daar
voorwaar ‘n insek
dit sê ek sonder respek,
probeer sosiaal verkeer
en speel dan groot meneer
al vriende wat jy kan kry
is kakkerlak aan jou sy
gewoonlik is dit grashalmpies waaraan jy byt
maar nou raak jy die spoor heeltemal kwyt
weet nie wat jy weet van woordjies rympies of dig
sien ook vir jou geen hoop of enige lig
en met kommentare wat jy vermag
het jy geen benul van klas of geslag
- Geskryf na aanleiding van Rysmier se kommentaar op Elise Breytenbach se werk, 'n Bladsy uit my dagboek -
Lees ander gedigte deur Barend Steenkamp
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
