Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar is iets omtrent die herfs
wat my die hart gee van ‘n kind;
waar ek warm tuisgebakte brood
met bottersmeer en gouestroop,
verbind aan liefde,
onvoorwaardelik,
geborge soos in moederskoot

. . . my die hart gee van ‘n jeugdige
wat heerlik/seer die pas markeer -
soos die aand in vroeë herfs toe hy
die eerste keer my hand houvas en
onbeskaamd besitlik
my skouers toemaak met sy jas -
waar ek vanaand niks méér
as weer sy stem, begeer . . .

En jare later goeie jare
minder goeie jare later,
wil die reuk van swael en see my
steeds verbete meevee na ‘n nag -
‘n onvergete nanag
in die middelherfs -
met die hoë note van die wind
wat verlange soos 'n sproeireën
wasem na my hemelkind . . .

En laat in herfs -
geruk vanuit vergeeldes -
val ‘n grootse blaar . . nog groen;
ek vou hom in ‘n koninggrootte laken toe -
fyn wit linnelap met blommetjies,
klein rooi rosies van katoen;
uitgelewer aan die smart
wat soos bergwind in my brand,
waggelend soos nertstinte
in donker herfsseisoen

Maar uit die parskuip van my hart
verrys ‘n beeld uit die vergissing
(byna soos profetiese gesig)
Onbegryplik,
lotsverwisseling,
watermerk van geen bederf,
waar die spierwit Saron’s Roos
onbeskryflik bloei en
. . . tussen dorings sterf -
in herfs . . .

Ek kyk weer na die hopies grond
met insig wat uit nuwe oë staar,
sien verwonderd die ontlading van
die Wynstok wat ontwaking adem,
in najaarsdodemars ontblaar,
rustende ranke weer te bot,
vrugte van die wingerdloot
adellik in pers skakerings
van violet te klee,
erdekruik met edelsap te vul -
geskink,
volrond, beleë . . .

Daar is iets omtrent die herfs
wat my die hart gee van ‘n kind;
my laat verlang na dierbares -
saam brood te eet
en wyn te drink -
waar ons sal glasies klink
op
die einde van die dood . . .


En sál ons glasies klink !
want Wie o Wie
kon só ‘n Liefde ooit bedink !







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Roerend pragtig. Raak die hart.
5 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Balade
Dis baie mooi :)
6 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


Ongelooflik...
néé, gelooflik goed! Jou beelde werk alles vir my saam in een pragtige herfs-skildery wat met die ryk kleure beloof: na dié dood is daar: LEWE!
6 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Herfs
Dis so beskrywend. Wie kan dit ontken?
Pragtig
6 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


*
Wow!!!! Ek het nie woorde nie. So so verskriklik mooi!!
6 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 23 ure oud


Herfs
Wonderlik, uitsonderlik, skitterend, puik....al die mooi byvoeglike naamwoorde wat daar is....daar's iets omtrent die herfs wat maak dat hierdie gedig my baie diep raak. Regtig GOEIE werk.. Sò bly ek het dit gelees
6 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar