Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eendag lank, lank gelede
was daar iewers ’n hart in my…
Ek kon goed vóél in die verlede
Nou’s daar niks, my hart is uitgesny

Eens kon ek nog omgee
Waar ek is en waarheen ek gaan
Nou gee die lewe om my mee
Ek is moeg, ek is gedaan…

O God van genade en krag
Neem hierdie bottel waaruit ek drink
Red my siel, laat my weer lag
Laat my nooit weer ’n doppie skink
Gee weer my hart terug, o Heer
Dat ek ander ook van U kan leer


Sidney E. Cloete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Treffendseer en met deernis sosiale kommentaar gelewer oor 'n verslawing wat meer as net eie lewe kan verwoes.
10 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


powerful.uitstekend uitgebeeld.jou ste 2 strofes veral is meesleurend...
kan identifiseer.
10 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Dronkie
En is die iemand toe gered van de bottel as ek mag vra?

Koekoe
10 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


Ballade vir 'n Dronkie
Hierdie is lank gelede geskryf, maar steeds relevant en aangrypend!!!!!!!!
Hierdie ballade klink vir my soos 'n noodkreet! Ek hoop maar die skrywer doen dit namens iemand anders. Ja my vriend, daardie bottel kan baie skade berokken. Dit kan verskriklik seer maak. Dit kan mooie lewens totaal verwoes! Dit is veel erger as selfmoord! Kortom dis 'n verskriklike euwel en dis presies daarom dat jou gediggie my aan die hart gryp en se:- 'Neem kennis!'
10 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


Ballade vir 'n dronkie.
Baie goed gedoen. Cheers op hierdie een!
13 jaar 7 maande 5 dae 1 uur oud


Dronkie
Sidney, jou wonderlike talent mag nooit weggesteek word nie. Gebruik dit, want talente is gawes van God. Louis Basson
13 jaar 9 maande 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Jesus, die Doper met die Gees

    deur Christo Nel

    In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar