Gedigte

Titel: Barcelona
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Barcelona
(opgedra aan die wonderful poet wat my wou ytfigure een aand in Barcelona)

Ek soek ‘n pen het ek gesê en
met ink Hom in my mind ge-ets:

Hy lyk nes jesus in die bed
Sy vingers perfek geskets,
sweterig Sy palms met willewarmlokhare
en ‘n lyf wat weet hoe om vas te hou.

Gerookte blou oë wat my siel dronkdeursoek,
Sy lyf ‘n atlas wat my sonder kompas roep.

Ek wou verdrink in Sy woorde,Sy lippe,
Sy taal, verdrink in Sy hart simbaal.

Maar soos Jesus het hy opgestaan en
weggevaar my alleen gelos in die verhaal.

Ek soek ‘n pen het ek gesê en
die maal nie weer my hart verlê.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar