Titel: Beauty Queen at 32 and a half:
Weergawe: 1
Aantal woorde: 143
Kere gelees: 82
Datum gepubliseer: 05 Feb 2012
Onder my Clinique make-up het ek plooie en puisies en sproete
ek't vier liddorings en platterige voete
my muisvaalslierte is ge-Paul Mitchell en salon-gedye
ek't selfs al Botox en IPL getraai
Allerhande hare op allerhande plekke word gewax en geskeer en gepluk
op voorskrif kry ek my sprankel, cute smile en kamma-geluk
Ek drink te veel rooiwyn en lieg vir my boyfriend
oor die geld wat ek elke maand op Truworths-klere spend
Ek lees soms skelm, agter toe deure, People Magazine en die Huisgenoot
Maar oor Austen, Dickens en Brink praat ek groot
Ek gebruik graag lang woorde en skryf diep dinge op facebook
en daar's altyd stunning goed wat ek by Woolies vir my Wôterkloofhuis soek
Maar hier's die conundrum:
Aan die einde van elke maand is my kredietkaart gemax en my tjekboek oortrek
en al wat dan oorbly is... ek
Lees ander gedigte deur Swartgriet
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Trixie
'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.
regtig goed gekryf.
so tong-ini-kies-erenstig...
lekker verwoord.
lekker ritme.
ek dink jy moet die ene rap..(so ala:Jack Parrow.)