Gedigte

Titel: BEDELKIND
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bedel voor U tempel deur -
smag dat U engel die water
vir my ook roer..

Nou verban tot buite die stadspoort
bedel ek vergeefs
vir my honger …
vir my dors…

vir my geen esel
of palmtak
genadiglik geen doringkroon.

Ek hoor U voetstap
in die stilte voor die poort
U tel my op
U stem is sag -

Vir jou my kind …
My kruis, My bloed
….
My kroon.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek bedoel Fanie!! O!! Dalk moet ek eers gaan koffie drink en bykom!! :-)
6 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


***
Ja, so groot is Sy genade en liefde. Jy skryf dit mooi vas, Hennie.
6 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


Bedelkind
Genade mens dis ongelooflik mooi! Dankie Fanie vir jou deel met ons.
6 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


---

vir my geen esel
of palmtak
genadiglik geen doringkroon. * Meesterlik geskryf!
6 jaar 3 weke 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar