Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

BLOEMFONTEIN

Roos se gevierde geur
bevraagteken ek,
want die wind waai
en koördineer buite en binne.

Roos is oordadig
en dring die stad binne.

Roos ruik eintlik sleg:
‘n gevaarteken,
eindteken
van ‘n kaleidolente wat ontbind.

PRETORIA

Jakaranda se pers
bevraagteken ek,
want die wind waai
en koördineer sypaadjie en tak.

Jakaranda is opdringerig
en val die stad binne.

Jakaranda is eintlik rooi:
'n gevaarteken,
geweldteken
van hierdie bebloede lanferlente.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Roos en Jakaranda
Rooi en pers. Pers word rooi. 'n Roos wat stink.

Geweldige metafore. Ongewone metafore. Metafore?

Ek lees iets van diepe teleurstelling en mislukking in hierdie verse.

Ek mag verkeerd wees.
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


beeld
Teenstrydigheid hier skerp gepen.
3 jaar 5 maande 2 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar